Een persoon is dood in ‘n botsing tussen twee voertuie Vrydagmiddag (21 November) in Franschhoek.
Kurt Maske, ‘n plaaslike paramedikus op dié dorp, het die ongeluk bevestig wat net ná 15:00 gebeur het.
“Een voertuig het met ‘n ander voertuig gebots. Ongelukkig was daar een volwasse manlike pasiënt wat noodlottige beserings opgedoen het. Die groep Franschhoek First Responders was op die toneel. Die pasiënt is op die toneel dood verklaar. Alle ander dienste is tans op die toneel.”
Volgens Maske is die oorsaak van die botsing nog onduidelik.
“Dit is nie regtig in hierdie stadium duidelik of dit die wind was of nalatigheid deur een van die partye [wat tot die ongeluk gelei het] nie.”





