Die bekroonde skrywer en storie­verteller Gaireyah Fredericks is onlangs nog ‘n keer vir haar bydrae tot Afrikaans vereer.

Dié boorling van die Paarl het onlangs ‘n prys by die Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit (KWDM) se Fenomenale Vroue van die Wynlande 2025-prysuitdelingseremonie ontvang.

Sy het ook die Eugené Marais- literêre prys en die Universiteit van Johannesburg (UJ) se debuutprys vir Afrikaans ontvang.

Die toekennings spruit uit die haar boek Een voet innie kabr.

“Dit was humbling om erken te word vir iets soos ‘n ‘bydrae tot Afrikaans’, maar dalk nie in die konteks wat almal dit in sal sien nie, want vir my as ek ‘n bydrae lewer, is dit in my hart om te sê dat die tale waarmee ek grootgeword het, is almal alive within me en ek lief hulle almal the same. In die UJ- persverklaring op die socials sê hulle ek ‘wêk vanne literere styl en tradisie (her) skep uit so te sê niks’, maar in actual fact kom die als uit ‘n wêreld wat ek gelewe het. ‘n Active taal lewendig en om daarvoor erkenning te kry, is beyond exciting. Hoewel daar daai understanding sal wees, weet ek in my hart waarvoor die erkenning kom.

“Eugene Marais se ‘Dans van die reën’ was die poem wat my laat dink het ek sal eendag so iets wil try doen, en om die prys te kry toe ek eventually ‘n boek produce, is full circle. Wat anders is daar as om te voel asof jy die ultimate erkenning vir jou werk beleef. ‘n Promise as ‘n kind wat ge’acknowledge word ná enormous effort om daai innocent goal te bereik.”

Die bekroonde boek van Fredericks is verlede jaar gepubliseer. Sy sê Een voet innie kabr is ‘n versameling van kortverhale, waarin karakters van ander stories ook ‘n verskyning maak.

“Die backdrop is natuurlik die Kaap en feature ‘n groot Cape Muslim-familie en hulle traditions, cultural practices en die mundane rondom dit natuurlik. Die reader word deur die stories na family gatherings and practices genooi waar dit ‘n warme intieme ontmoeting is, en waar die reader voel hulle is front row seat teenwoordig. Dis ‘n ensemble van colourful Cape Malay characters en vertellings, wat beide hartseer, inherent pride en of course die al te common humor sal display. Maar wat in die stories seker een van die sterkste temas is, is die resilience en die honesty waarmee die stories en die characters uitgeskryf word.”

Volgens Fredericks admireer sy al haar hele lewe lank mense se stories, waar hulle vandaan kom, hoe hulle hulself gedra, ens.

“My hele lewe lank collect ek al die stories en admire characters soos wat voor my exist het, soos ek opgegroei het. Onwetend natuurlik. Hulle was net vir my of utmost interest en rich met substance, hence gooi ek varkoor met al die grown-up convo’s rondom my. Never gedink dit sal so valuable wees soes wat dit nou voor kom nie. Die mense wat my mense was, het met my acute observation in die binnekamers, waar ek my most precious belewennisse store, huis gemaak.”

Fredericks meen haar boek bring ook die belangrikheid na vore dat die stories van die Moeslem-gemeenskap ook vertel moet word.

“Stories lei emotions en vra vir ‘n reaction of interaction. It educates en introduce themes en understandings in cocoons wat die reader op sy eie tyd kan process in stages. Dit gee diegene wat die culture hoegenaamd nie ken nie, kans om dit in chunks waarmee hulle comfortable is, te verteer en dan te share met ander wat hulle voel need dit ook.

“Stories is ‘n tool om Moeslem culture accessible te maak.”

Die toekennings waarmee sy vereer is, is net die kersie op die koek. Fredericks is ook vir die KykNet-rapportprys vir fiksie en die Jan Rabie- rapportprys vir debuut- of tweede prosawerk benoem. Sy sien daarna uit om vir jare nog stories te vertel en te skryf en waarmee mense hulself kan vereenselwig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article