Uys van der Westhuijzen, die voorsitter van Agri Wes-Kaap se landelike veiligheids- beleidskomitee, tydens die konferensie aan die woord. Foto: Rasaad Adams
Uys van der Westhuijzen, die voorsitter van Agri Wes-Kaap se landelike veiligheids- beleidskomitee, tydens die konferensie aan die woord. Foto: Rasaad Adams

Die Wynland-distrik ervaar ‘n beduidende toename in hoogs georganiseerde misdaad wat nie net gemeenskappe teister nie, maar ook sakelui benadeel. Die bekamping daarvan verg goeie samewerking tussen die polisie en sakelui.

Dit was Vrydag (11 April) die boodskap by ‘n veiligheidskonferensie wat deur die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid by die Drakenstein-gevangenis buite die Paarl aangebied is.

“Die idee met die sessie was om ‘n platform te skep waar verskeie wetstoepassingsagentskappe, sakelui en gemeenskapstrukture ‘n gesprek kan voer oor allerdaagse misdaadtendense en hoe dit verminder kan word.

“Ons wou graag idees bespreek oor hoe ‘n omgewing in die Wynland-distrik geskep kan word waarin sakeonderne- mings veilig en met meer gemak sake kan doen,” het Charles Wyeth verbonde aan die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid se Wynland-afdeling gesê.

Uys van der Westhuijzen, die voorsitter van Agri Wes-Kaap se landelike veiligheids-
beleidskomitee, tydens die konferensie aan die woord. Foto: Rasaad Adams
Uys van der Westhuijzen, die voorsitter van Agri Wes-Kaap se landelike veiligheids- beleidskomitee, tydens die konferensie aan die woord. Foto: Rasaad Adams

Die konferensie het bestaan uit ‘n paneel sprekers onder wie Hurbert Paulse, die voorsitter van Sake teen misdaad SA (BAC).

Volgens Paulse is veiligheid nie alleen die polisie se verantwoordelikheid nie, maar ‘n gemeenskaplike een.

“Sakeondernemings, gemeenskappe en die polisie moet hande vat en ‘n proaktiewe in plaas van reaktiewe benadering in die stryd teen misdaad toepas. Een van die maniere waarop ons dit doen, is deur ons Eyes and Ears-vlagskip-inisiatief. Dit is ‘n baanbreker-inisiatief in oorleg met die polisie en private sekuriteit.

“Dit dien as ‘n platform wat inligting oor misdade regstreeks met agentskappe van wetstoepassing deel. Hierdie ekstra oë en ore op die grond is noodsaaklik om vinniger reaksietyd te verseker,” het Paulse gesê.

Volgens Paulse is “die dae verby waar wetstoepassings-

agentskappe in afsondering gewerk het”.

“Dit het veroorsaak dat misdaad- netwerke die gapings gebruik het om ons gemeenskappe en sakeondernemings te infiltreer. Samewerking tussen wetstoepassers, private sekuriteit, buurtwagte en GPF’s is nou belangriker as ooit sodat ons hierdie gapings kan vul.”

Van die misdaadtendense wat op die konferensie bespreek is, het afdreiging en kuber- en kommersiële misdade ingesluit.

Volgens brig. Neville Malila, die polisie se adjunk-Wynland- distriksbevelvoerder, is die meeste van die afpersingsgevalle in die informele sektor aangemeld. Hy het gesê borgtog is in die meeste van die sake geweier.

Malila het sy dankbaarheid uitgespreek vir die samewerking met die private sektor en plaaslike munisipaliteite – veral die gebruik van veiligheidskamers om as bergplek vir leidrade en bewysstukke vir suksesvolle vervolgings te dien.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article