11 Augustus 1972
Operasie aan neus: Konst. A. van der Nest, wat ernstig beseer is toe ’n daggasmokkelaar hom met ’n glas in die gesig geslaan het, sal ’n operasie aan sy neus moet ondergaan. Daar is 35 steke in sy neus gesit. As gevolg van ’n gebrek aan bloed, kan die neus nie normaal genees nie, en konst. Van der Nest sal ’n plastiese operasie moet ondergaan.
Rembrandt is firmly establsihed at Paarl: About 300 precast panels, one metre wide and 7,6 metres high, will be used for the first floor of the Rembrandt Tobacco Corporation’s new Berg Rivier maturation store at Paarl. These are fitted above the ground floor which consits of Red Holland brick walls. The panels ensure that the complex as a whole retains its affinity in which the factory is situated.
Sluiting van kerk in Noorder-Paarl: Op 27 Augustus sluit die Calvyn-Protestantse Kerk in Boschstraat, Noorder-Paarl. Die kerk was hier vir 22 jaar. Die sluitingsverrigtinge begin op 13 Augustus met ’n sanguitvoering deur Bel Canto-koor in die kerk om 7 nm. Die sluitingsdiens word in die kerk op 27 Augustus om 3 nm. gehou. Ds. J. J. Draai sal optree.
Mother-in-law of princess: After spending a week at Paarl, the mother-in-law of one of Europe’s royal princesses, has left to spend a holiday with her son, Mr. Jeremy Ambler, who is a teacher in Queenstown. She is Mrs. L. Ambler who lives in London. Her other son, Mr. John Ambler, is married to Princess Margeretha, of the Royal Family of Sweden. They also live in London. Mrs. Amber, Snr. has just been on holiday at Paarl for a week.
Gimmies se 27 doele: Die drie seunshokkiespanne van Gim. het Saterdag 27 doele geslaan. Hul opponente, C.B.C., kon geen doele aanteken nie. Die eerste span, wat opnuut span moes bou, het met hul oorwinning 6-0 verseker dat hulle sesde eindig onder 12 W.P.-spanne in die eerste liga. Waar meeste van die seuns nog beskikbaar is, behoort Gimnasium in 1973 weer ’n groot krag in seunshokkie te wees,




