7 Julie 1972
Jong navorser sterf skielik: Mnr C. E. de J. Louw, 35, van Courtrai, Suider-Paarl is Maandagaand skielik aan sy woning oorlede na ’n hartaanval. Wyle mnr. Louw was ’n senior vakkundige beampte van die Departement van Landboutegniese Dienste aan die vrugtenavorsingstasie Bien Donne, Groot Drakenstein. Die afgelope tyd het hy gekla oor pyne in sy bors.
Bergrivier se gesondheid: Tensy voorsorg getref word, sal die Bergrivier — tans Wes-Kaapland se bruikbaarste rivier — sy nut grootliks verloor as gevolg van besoedeling deur opgeloste minerale uit die grond. Hierdie waarskuwing spreek uit ’n verslag oor ’n deeglike studie wat in opdrag van die Kaaplandse Provinsiale Administrasie van die Bergrivier gemaak is deur die Nasionale Instituut vir Waternavorsing (NIWN) van die S.A. Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR).
Plane lands on farm: The light aircraft which made a forced landing on the farm Bona Vista at Klapmuts early on Tuesday evening was still on the farm on Wednesday, waiting to be moved. A front wheel and the propellor were damaged. The two men in the machine were from Johannesburg.
Paarliete in Berg R.-marathon: Sewe Paarliete neem deel aan die Bergrivier-kanomarathon wat môre by Velddrif eindig. Hulle is G. Nel, M. Theunissen, D. Rossouw, M. Melck, J. Nel, J. Maritz en A. Hugo.
Collided with stop sign: A woman motorist collided with a stop sign in Jan van Riebeeck Drive, Huguenot on Tuesday. She was Mrs. M Strydom, of Buitekant Street, Paarl. Her car was damaged but she was not seriously injured. It is believed that Mrs Strydom took suddenly ill behind the wheel.
Building in way of bridge: The new Lady Grey Street bridge over the Berg River, constructed at a cost of more than R300 000, has run into a snag. A big business block at one end, causes the road to make a sharp bend where it leaves the bridge. The intention is to straighten the road but it can only be done if the building or part of it is moved.




