Susana de Villiers (71) is skuldig skuldig bevind op moorde van haar drie agterkleinkinders. Foto: Argief
Susana de Villiers (71) is skuldig skuldig bevind op die moord van haar drie agterkleinkinders. FOTO: Argief

Oumagrootjie skuldig op moorde van agterkleinkinders

Susana de Villiers (71) is skuldig skuldig bevind op moorde van haar drie agterkleinkinders. Foto: Argief
Susana de Villiers (71) is skuldig skuldig bevind op die moord van haar drie agterkleinkinders. FOTO: Argief

WORCESTER – Die oumagrootjie van Wellington wat teregstaan op aanklagte van moord op haar drie agterkleinkinders is vandeesweek skuldig bevind.

Susana “Sarie” de Villiers se skuldigbevinding in die streekhof in Worcester kom ná byna vyf jaar sedert sy met haar voertuig op 20 November 2021 berg-af gery het in die Bainskloofpas met Caleb (8), Gradwell (5) en Joshua Booysen (2). Die drie seuns is broers.

De Villiers het wonderbaarlik die ongeluk oorleef, met nekbeserings en ribbes wat gebreek het.

LEES OOK: Wellingtonse oumagrootjie vertel van jare se pyn in hof

Die gebeure

Daardie noodlottige dag het die kinders saam met De Villiers en ander familielede gekuier in Wellington. Sy was veronderstel om die kinders vroegaand huistoe te neem, waar hulle ook in die dorp in die New Rest-gebied gewoon het. De Villiers en die kinders het egter nooit uitgekom daar waar sy die kinders moes aflaai nie.

Die familie is later van die voorval ingelig. Volgens ooggetuies was daar padwerke onderweg op Bainskloofpas, met stop-en-ry-punte wat ingestel is om beweging op die pad te vergemaklik. Ooggetuies het aanskou hoe De Villiers die betrokke aand geweier het om stil te hou by die stop-en-ry-punte en selfs deur ‘n geslote valhek-beheerpunt gejaag het. Puntdiens-beamptes het vinnig reageer en alle ander verkeer gestop om ‘n ongeluk reg van voor te vermy.

Caleb (agter; 8), Gradwell (links; 5) en Joshua (2) Booysen.
Caleb (agter; 8), Gradwell (links; 5) en Joshua (2) Booysen. FOTO: Verskaf

Toe De Villiers se voertuig nie by die vierde punt aankom nie, is ‘n patrollievoertuig uitgestuur om ondersoek in te stel. Dit is toe daar ontdek is dat die voertuig die pad verlaat het en by die pas afgery het.

Gradwell en Caleb is op slag dood, terwyl Joshua ‘n kort tydjie nog gelewe het. Die nood- en reddingspan het egter ‘n moeilike taak gehad om hom tot bo by die pad te bring en die klein seuntjie het gevolglik aan sy beserings beswyk. Dit was ook ‘n mistige en winderige aand, wat dit onmootlik gemaak het vir ‘n reddingshelikopter om te vlieg.

Skuld beken

De Villiers het in Maart verlede jaar skuld beken op die aanklagte teen haar. Sy het in November 2025 getuig oor haar moeilike grootwordjare en hoe sy as kind meer as een keer gemolesteer is.

De Villiers het ook getuig dat die ouers van haar oorlede agterkleinkinders albei dwelmmisbruikers en dikwels besope was, wat haar agterkleinkinders in ontstuimige omstandighede laat grootword het.

Ten tyde van die seuns se dood was hulle in pleegsorg van hul ma se familie.

De Villiers sal binnekort gevonnis word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article