Nelspoort. FOTO: ActionSA
‘n Deel van die huise by Nelspoort-spoorweghalte. FOTO: ActionSA

NELSPOORT – Die lot van die talle families wat al vir geslagte in die ou spoorweghuise by die Nelspoort-spoorweghalte, tussen Beaufort-Wes en Drie Susters woon, bly onseker.

Nelspoort-spoorweghalte – skaars 15 kilometer vanaf die nedersetting Nelspoort – was eens ‘n funksionele spoorwegstasie, maar vir jare reeds sien inwoners net goedere treine, asook die Blou Trein, verbyratel.

Nelspoort, FOTO: SA Action
Van die huise by die Nelspoort-spoorweghalte. FOTO: ActionSA

Inwoners van Nelspoort-halte is ‘n ruk gelede meegedeel dat diรฉ eiendomme deur Transnet op ‘n veiling verkoop gaan word. Vir hulle is dit ‘n krisis want hulle het geen ander heenkome nie. Oor nagenoeg vier dekades het hulle diรฉ huise by die halte hul tuiste gemaak – sonder ondersteuning van Transnet of die Beaufort-Wes plaaslike munisipaliteit.

Volgens van die inwoners was daar geen konsultasie met hulle oor die beoogde veiling nie – nie deur Transnet of deur die Departement van Vervoer nie. Ook is hulle in die duister gelaat oor wat hul lot sal wees wanneer die huise verkoop word, en hoe en waar hulle ‘n dak oor hul koppe sal kry.

ActionSA rig inwoners se petisie na parlement, minister

In Maart het lede van ActionSA ‘n petisie van diรฉ inwoners in ontvangs geneem waarin hul kommer om dakloos sonder alternatiewe behuising gelaat word, uitgestip is.

ActionSA het onderneem om die petisie aan die Nasionale Vergadering voor te lรช, en ‘n skrywe is ook aan Barbara Creecy, minister van Vervoer, gerig. ActionSA is verteenwoordig deur Athol Trollip, parlementรชre leier; en twee LP’s, Lerato Ngobeni en Dereleen James, saam met die ActionSA-leierskap van Beaufort-Wes.

In die petisie teken die gemeenskap heftig beswaar aan teen die beoogde veiling wat hulle sonder heenkome kan laat, en noem dat die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (ESTA) hul uitsetting verbied.

Hulle is ook van mening dat hierdie eiendomme slegs bewoonbaar is weens hul gebruik daarvan – ander soortgelyke residensiรซle bates van Transnet wat nie benut word nie, is erg gevandaliseer is en het geen waarde oor nie.

Nelspoort, FOTO: SA Action
Lede van ActionSA tydens hul besoek in Maart aan Nelspoort en Nelspoort-spoorweghalte. Tydens diรฉ besoek het hulle die petisie van inwoners in ontvangs geneem. FOTO: ActionSA

Die historiese konteks van die gemeenskap, wat al baie jare by Nelspoort-halte in die huise bly wat hul voorouers en ouers bewoon het terwyl hulle vir Transnet en voorheen Spoornet gewerk het, word ook uiteengesit.

Verder eis die inwoners dat indien hulle die huise moet verlaat, hulle maatskaplike behuising in Nelspoort moet kry.

“Nelspoort is reeds oorvol vir maatskaplike behuising. Dit het ons eerstehands gesien met baie gesinne wat in die voormalige verpleegstershuis in die dorp woon, met gesinne van vier tot ses mense wat enkelkamers beset en meer as 100 mense wat twee toilette deel.” Sรณ noem Trollip in die skrywe aan minister Creecy.

Voorts eis inwoners dat Transnet die voorgestelde veiling van die genoemde eiendomme staak, en dat ‘n dringende ondersoek gedoen word om vas te stel waarom die gemeenskap van Nelspoort-halte geen basiese munisipale dienste ontvang nie. Hulle versoek ‘n betekenisvolle konsultasieproses oor hul toekoms en grondwetlike regte.

Voorts versoek hulle voortgesette verblyfreg van hierdie eiendomme, en dat die oordrag van okkupasieregte van die genoemde eiendomme in die belang van die inwoners opgelos word. Hulle beskou hulself nie as plakkers of onwettige okkupeerders nie, aangesien hulle die nasate van voormalige Transnet-werknemers is en hierdie huise vir geslagte reeds bewoon.

‘Nelspoort nie ‘n dorp’

Nelspoort lรช aan die voet van die Nuweveldberge, 50 kilometer noordoos van Beaufort-Wes. In 1920 is ‘n sanatorium hier vir pasiรซnte met tuberkulose en ander longsiektes geopen – die droรซ, skoon, vars lug van die Karoo het tot genesing bygedra. Die sanotorium het werk aan baie plaaslike dorpenaars verskaf en die instelling was ‘n groot sukses, en het ook internasionale besoekers ontvang. Teen die 1970’s was tuberkulose egter aan die afneem en die sanatorium het gesluit.

Vandag word Nelspoort as ‘n nedersetting beskryf, met huise, ‘n laerskool en ‘n drankwinkel. Nelspoort se inwoners gaan Beaufort-Wes toe vir inkopies, waar talle van hulle ook werk en ouer kinders skool bywoon.

“Daar is geen winkels (in Nelspoort) nie, net ‘n drankwinkel. Die mense sรช as daar nie ‘n Shoprite is nie, is dit nie ‘n dorp nie.” Sรณ merk Elrico Jacobs, ‘n gemeenskapsaktivis van Beaufort-Wes op.

‘Nie ‘n eenvoudige saak’

Jacobs sรช die moontlike uitsetting van die huidige inwoners van Nelspoort-halte is nie ‘n eenvoudige saak nie. Volgens hom kom dit voor of owerhede “net nie die aptyt het om iets hieraan te doen of te help nie. Mense kan nie uit hierdie huise gesit word sonder alternatiewe behuising nie.

Nelspoort, FOTO: SA Action
Van die huise by die Nelspoort-spoorweghalte wat nie bewoon is nie, en wat weens vandalisme en verwering onbewoonbaar geraak het en wat weinig tot geen verkoopwaarde as ‘n eiendom het nie. FOTO: ActionSA

“Opnames is nog nooit volledig gedoen nie – die wat die huise op veiling wil plaas, weet nie eens wie die mense in die huise is nie.” In baie gevalle is die persoon wat vroeรซr by Transnet of Spoornet gewerk het, waarskynlik al oorlede, met diรฉ persoon se nasate wat daar bly.

Met die afsterwe van so ‘n voormalige Transnet- of Spoornet-werknemer is daar volgens inwoners nooit navraag deur owerhede gedoen oor wie in die spesifieke huis bly, of kennis gegee dat die huis ontruim moet word nie.

Jacobs wonder ook wie diรฉ spesifieke eiendomme sal wil koop – op ‘n plek ver vanaf die hoofroete en met min potensiaal en waarde behalwe vir die wat reeds daar bly. Omdat die halte nie op die eiendom van die Beaufort-Wes plaaslike munisipaliteit is nie, is munisipale dienste nog nooit daar gelewer nie.

Alle veilings tot verdere kennisgewing opgeskort

Intussen het Transnet Property op navraag aan NovaNews gesรช dat Transnet SOC Bpk in Julie 2024 ‘n strategiese besluit geneem het om van alle nie-kern eiendomme in sy portefeulje ontslae te raak, insluitend huise wat nie direk met sy kernbedrywighede verband hou nie.

Transnet Property het ook gesรช dat alle veilings tot verdere kennisgewing opgeskort is. Dit geld vir alle streke, nie net vir die Wes-Kaap nie.

Voorts het Transnet Property op verdere navraag gesรช die veilings is opgeskort omdat die departement van menslike nedersettings deur sy agentskap, die Behuisingsontwikkelingsagentskap (HDA), ‘n geleentheid versoek het om ‘n aanbod te maak om sommige van die huise te koop wat vir veiling geรฏdentifiseer is.

Aan die einde van diรฉ samesprekings met HDA sal die veilingsproses vir die huise, wat nie deur HDA verkry is nie, hervat word.

  • Hoewel hierdie besluit die kommer van Nelspoort-halte se inwoners oor moontlike hervestiging tydelik verlig, los dit nie hul vraagstukke op nie en weet hulle steeds nie hoe die pad vorentoe lyk nie.

LEES OOK: Government commits R500 billion to revive crippled rail network

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article