Mpumalanga ABO-kompetisie – Op Saterdag, 13 Junie 2026, het Nathan Swanepoel van Merensky Landbou Akademie sy merk gemaak tydens die Mpumalanga ABO-boogskut-kompetisie. Die Mpumalanga ABO-kompetisie is by Mankele naby Nelspruit aangebied is. Die uitdagende baan het boogskuts deur ‘n digte woud gelei en skote ingesluit wat steil op- en afwaarts afgevuur moes word.
Nathan het sy vaardigheid in die veeleisende “unaided”-afdeling getoets. Dit is ’n kategorie waarin slegs twee deelnemers dit aandurf om sonder enige hulpmiddels te kompeteer. Met ’n indrukwekkende nuwe persoonlike beste telling van 197 punte het hy nie net sy eie grense verskuif nie. Nathan het ook die vierde hoogste algehele telling behaal selfs teen die sterk kompetisie van die “aided freestyle”-boogskuts.
Hierdie prestasie is ’n bewys van Nathan se deursettingsvermoë en talent.
“Baie geluk, Nathan, Pasies is ongelooflik trots op jou! Mag jy net so sterk en gefokus wees by die komende Limpopo Field-kompetisie wat later hierdie maand in Modimolle plaasvind.”
Wat is ABO?
ABO staan vir die “African Bowhunting Organisation.” Dit bied 3D‑boogskiet en veldkompetisies regoor Suid‑Afrika aan en reguleer dit. Hulle hou provinsiale en nasionale kampioenskappe waar skuts in verskillende afdelings meeding:
- Unaided – sonder hulpmiddels soos sights.
- Aided freestyle – met hulpmiddels om akkuraatheid verder te verbeter.
Die ABO stel gestandaardiseerde reëls op, bou ’n nasionale netwerk van kompetisies op en berei Suid‑Afrikaanse boogskuts voor om ook internasionaal mee te ding.




