Polisie-embleem van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
Cloetesville-polisie ondersoek ‘n moordsaak nadat Renaldo Anthony (19) vanmiddag doodgeskiet is voor ‘n winkelsentrum in Cloetesville.

Die Stellenbosch-polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n man wat na bewering van Strand afkomstig is, tydens ‘n vermeende besoek aan ‘n begraafplaas in die Eikestad noodlottig aangeval is.

Luidens ‘n polisieverslag het lede om 15:45 Saterdag 17 Januarie op die voorval by die Onder Pappegaaiberg-begraafplaas reageer.

“Met aankoms by die begraafplaas het ‘n sekuriteitsbeampte die misdaadtoneel aan hulle uitgewys, waar hulle ‘n onbekende man langs ‘n graf gevind het. Hy het op sy linkerkant gelê en sy bolyf was vol bloed. Nooddienspersoneel is ontbied en dit is vasgestel dat die persoon ‘n oop steekwond aan die regterkant van sy borsarea naby sy sleutelbeen gehad het,” lui die verslag.

“Die slagoffer is op die toneel dood verklaar.”

Die polisieverslag dui verder aan dat die moordondersoek steeds voortduur en niemand nog in verband met die steekvoorval wat die 77-jarige se lewe geëis het, in hegtenis geneem is nie.

Die slagoffer is volgens berigte geïdentifiseer as Piet “Stompie” de Koker, wat na bewering doodgesteek is tydens ‘n besoek aan die graf van sy seun Werner, wat in 1981 as peuter oorlede is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article