Ollie le Roux en JP Smith in die hoofgeveg op Fight Night.
Ollie le Roux en JP Smith in die hoofgeveg op Fight Night.

KYK | Op my Eisj-ster wen boksgeveg teen oud-Springbok Ollie le Roux


BLOEMFONTEIN – Dit was nie Ollie le Roux se dag in die bokskryt nie. Die oud-Springbokrugbyspeler (53) het teen teen die voormalige rugbyspeler en Op my Eisj-ster JP Smith (36) te staan gekom in die hoofboksgeveg op die Hoërskool President Steyn se gewilde Fight Night.

JP le Roux en Ollie le Roux in aksie in die hoofgeveg op Geelklip
JP le Roux en Ollie le Roux in aksie in die hoofgeveg op Geelklip. FOTO: Verskaf

Dit was egter van die begin af duidelik dat die heelwat jonger Smith die oorhand het, al het Le Roux gereeld ‘n stewige hou ingekry. Die geveg is kort ná die begin van die tweede ronde deur die skeidsregter beëindig en Smith is as die wenner aangewys.

Le Roux het verlede jaar te staan gekom teen gewese Springbok James Dalton en dié wedstryd gewen.

Nog twee Bloemfonteiners wat teen mekaar meegeding het op die geleentheid ten bate van die skool, was Adrian Saffy en Corrie Breydenbach. Saffy het die boksgeveg oor drie rondes gewen en sê dit was lekker om so iets vir liefdadigheid te doen.

Hy sê hy beoefen nie boks nie, maar slaan so af en toe die slaansak vir oefening.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article