Thusanong Hospitaal in Odendaalsrus gaan gebuk onder gereelde kragonderbrekings

Krisis by Odendaalsrus-hospitaal deel van voortdurende kragonderbrekings


Die krisis by Thusanong-distrikshospitaal in Odendaalsrus is deel van voortdurende kragonderbrekings regoor Matjhabeng, waar inwoners reeds dae en in sommige gevalle weke lank sonder stabiele elektrisiteit sit.

Die oorsake lê grotendeels by die munisipaliteit se swak instandhouding van die kragnetwerk.

“Terselfdertyd is daar nie voldoende fondse om vervalle infrastruktuur te herstel nie, soos in die geval van ’n kragmeter wat lankal ontplof het en nog nie herstel is nie,” sê Manie Pretorius, VF Plus-raadslid.

Die situasie word vererger deur die feit dat Matjhabeng onder finansiële administrasie is, wat beteken dat oortyd in noodsituasies nie betaal of bestuur kan word nie, wat herstelwerk verder vertraag.

Manie Pretorius, VF Plus raadslid
Manie Pretorius, VF Plus-raadslid

Terwyl kritieke fasiliteite soos dié hospitaal sonder krag funksioneer, word geld steeds vir nie-noodsaaklike uitgawes soos ’n sportdinee in Thabong bestee.

Of die oorsaak tegnies, vandalisme of kabeldiefstal is, bly dit die gevolg van ’n stelsel wat lankal nie behoorlik bestuur of beskerm word nie.

Die realiteit is eenvoudig dat die ANC-beheerde munisipaliteit keer op keer gewys dat daar nie die bestuursvermoë of politieke wil is om basiese dienslewering te herstel nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article