IN ’n uitdagende vertoon van “as jy geld het nie, vat sommer verniet” het twee skelms Donderdagoggend by Aston Manor ingestap, hulself aan duur drank gehelp en daarna die kafee besoek, waarna hulle in ’n wagtende taxi geklim en Jeffreysbaai toe vervoer is.

Die diefstal, wat op kamera vasgelê is, word deur die mede-eienaar só be-skryf: ’n taxi het voor die sentrum gestop, waarna twee van die insittendes haar winkel ingestap en deur die rakke beweeg het. Een het ’n duur bottel van die rak afgehaal, ’n ruk daarna gekyk en aan hom versteek voor die twee na die kafee in dieselfde gebou geloop het.

Die vrou het onraad vermoed en die taxi se registrasienommer neergeskryf, waarna sy die buurtwag en die polisie geskakel het. Die voertuig is kort daarna by die Tokyo Sexwale-taxistaanplek opgemerk, en het saam met die polisie en ’n voertuig van Smhart-sekuriteit by die sentrum opgedaag.

By ondervraging het die taxi-be- stuurder erken dat hy vroeër twee passasiers daar afgelaai en toe op hulle gewag het. Hy beweer dat hy hulle nie ken nie en dat hulle na ’n tyd uit die taxi geklim het.

Die eienares is verbaas oor die onverskillige en roekelose wyse waarop die misdaad gepleeg is en sê sy is nou verplig om ’n vol kis van die produk te bestel, omdat dit nie as ’n enkele eenheid verkoop word nie. Sy is vol lof vir die vinnige optrede van al die betrokke-nes.

Of die twee hulself by die kafee aan soutighede gaan help het, is onbekend.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article