GROUP W Properties in die Jowelu Centre in Jakarandastraat, Jeffreysbaai vier vandeesmaand hul 22ste bestaansjaar – 15 jaar daarvan in die bestaande gebou.
Dié toonaangewende besigheid is deur die bekwame en bekende sakeman Wernich Cronje gestig met die doel om ekonomiese groei in die dorp en omliggende gebiede teweeg te bring.
’n Doel waarin hy oor die jare geslaag het. Die groep spog tans met verskeie besigheidspersele en ’n toonaangewende aftreeoord plaaslik en nasionaal: Jeffreysbaai (die kern van hul besigheid), Humansdorp, Plettenbergbaai, Sedgefield, Port Elizabeth (waar een van hul grootste winkelsentrums is) en Burgersdorp.
Volgens Cronje is die bekende Garanzia Afreeoord 13 jaar terug op die been gebring. Die eerste fase spog met 30 eenhede, terwyl die tweede fase na voltooiïng 20 eenhede sal bied. Daar sal in totaal 100 eenhede wees.
Behalwe vir die oprigting en bestuur van besigheidspersele, fokus die groep nou op die toerismebedryf deur die bestuur en bemarking van die Jeffreys Bay Beach House en Pabala Private Nature Reserve net buite Hankey geleë.
’n Hoogtepunt is die onlangse gradering van Pabala, wat binnekort met 42 beddens spog, as ’n natuurreservaat.
“Ons fokus vir die volgende vyf jaar is die toerismebedryf, asook die verdere ontwikkeling van ons aftreeoord,” sê Cronje.
Besighede wat Group W Properties 15 jaar terug met hul openingspromosie by Jo-welu Centre ondersteun het, werk na meer as ’n dekade steeds nou saam met hulle.
Jowelu Centre
Die Jowelu Centre, regoor die Vrieskas, is op 1 Februarie 2003 deur Cronje geopen. Vandaar die unieke naam: ’n kombinasie van die name van sy gesin.
Die sentrum, gebou deur die bekende Johan Cronje Bouers, is tans die tuiste van Group W Properties en Ultimate Paints.



