Smhart-sekuriteit in Jeffreysbaai het klere, speelgoed, kos en skoonmaakmiddels aan The Ladies Lighthouse in Jeffreysbaai geskenk. Dié nie-winsgewende organisasie bied hulp aan weerlose vroue en kinders in die omgewing. Hulle ondersteun tans 12 vroue en 22 kinders – hetsy finansieel of met klere en kos. Alle donasies (meubels, linne, breekware, skoonmaakmiddels, kos en toiletware) is welkom. Finansiële skenkings kan gemaak word aan Eerste Nasionale Bank, The Ladies Lighthouse, rekeningnommer 62774803590. Carla Smit (links) en Lizette Kemp (middel) ontvang die goedere van Smhart-sekuriteit bemarkingsbestuurder Dewald van Staden (regs). Vir meer inligting, skakel Carla by 079 399 8565 of Lizette by 082 323 4491. Foto:MONIQUE BASSON


Smhart-sekuriteit ondersteun veilige hawe

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article