Een, twee, drie . . . sewe, agt, nege . . . Die Laerskool Jeffreysbaai spog met ’n splinternuwe telbord by hul windmakerige netbalbane by die skool. Dié bord, geborg deur Pick n Pay in Jeffreysbaai, is vir die eerste keer tydens die jaarlikse Aloe Cup in Junie gebruik. Reg om ’n nuwe wen-telling op te stel is o.12-netbalspelers (van links) Lerizé Fourie, Anesu Chikwira, Dané du Toit, Caitlynne Brown, Chelane Potgieter, Willé Goussaard en Kaitlyn Dicken. By die spelers is skoolhoof Johan Dippenaar en Helga Dempers van Pick n Pay. Foto:MONIQUE BASSON


Skool tel met nuwe bord

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article