ie o.11-rugbyspan van die Laerskool Jeffreysbaai is slaggereed vir die jaarlikse KFC Aloe Cup wat vanaf 13 tot 15 Junie by die skool plaasvind. FOto:MONIQUE BASSON


TWAALF o.11-rugbyspanne en agt o.12-netbalspanne van skole in die Oos- en Wes-Kaap, asook die Vrystaat, meet vanaf 13 tot 15 Junie kragte tydens die jaarlikse KFC Aloe Cup – die grootste geleentheid op die Laerskool Jeffreysbaai se sportkalender.

Die kampioene en naaswenners, die Laerskool Gene Louw van Durbanville, is vanjaar terug om hul wentitel te verdedig, terwyl die naaswenners, die Laerskool Handhaaf van Uitenhage, vasbeslote is om met die trofee weg te stap.

Dié twee spanne kan sterk wedywering van Grey College van Bloemfontein – tans die nommer een skool in die land -verwag, wat in 2016 en 2017 as wenners uit die stryd getree het.

Nog gunstelinge sluit in die laerskole Jeffreysbaai (Jeffreysbaai), Durbanville (Durbanville), Quteniqua (George) en Eikestad (Stellenbosch).

Laerskole Graslaagte (Humandorp), Stulting (Humansdorp) en Beaumont (Somerset-Wes) neem ook op die dag deel.

Vanjaar word daar op 14 en 15 Junie vir die tweede keer vir die o.12-netbal Aloe Cupt ge-speel. Die laerskole wat meeding is 2018-wenners Jeffreysbaai (Jeffreysbaai), 2018-naaswenners Plettenbergbaai (Plettenbergbaai), Stulting (Humansdorp), Handhaaf (Uitenhage), George-Suid (George), Sunridge (Port Elizabeth), Graslaagte (Humansdorp) en Knysna (Knysna).

Bobaas-skeidsregters sal elke wedstryd met die fluitjie beheer.

Kouga-burgemeester Horatio Hendricks sê: “Ons is baie opgewonde oor die komende Aloe Cup en hoe die toernooi oor die afgelope paar jaar gegroei het.

“Skooltoernooie soos die Aloe Cup is een manier om meer besoekers na die omgewing te trek en ons toerisme industrie te ontwikkel. Dit lok deelnemers van reg oor die land en die kinders se ouers en ander familielede kom dikwels saam. Hoe meer hulle hul tyd hier geniet, hoe beter is die kans dat hulle hulle Kouga toe sal kom vir hulle volgende familieva-kansie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article