Dinsdae is een van die grootste hoogtepunte in die Poppy’s Daycare se week. As die kleinspan die Keep Kouga Clean se vragmotor hoor aankom hardloop almal na die springmat om te waai. Ansu Ferreira van Poppy’s Daycare sê, ‘Die span maak altyd ’n punt daarvan om te stop voor ons skool se hek, sodat die oom die toeter kan druk en die kleintjies kan waai en hallo sê.’ Die ouers, die kinders en die onderwysers het onlangs besluit om vir elke werker ’n pakkie met lekkergoed op te maak om dankie te sê vir al hul harde werk elke week. Foto: VERSKAF


Kleinspan sê dankie vir vullisverwyderaars

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article