DIE Hoërskool Paul Sauer se matriekklas van 2022 staan breëbors van trots met ’n 97% slaagsyfer, 18 vakonderskeidings, met 81% van die kandidate wat ’n Baccalaureus-slaag en 16% van die kandidate wat ’n Diploma-slaag behaal het.

Die Bosbokke spog ook met die topstudent in die Sarah Baartman-distrik, Lisa Schlechter.

Die twee leerders met A-gemiddelde is Lauren Cunningham met 80% gemiddeld vir haar 7 vakke en Lisa Schlechter met 92% gemiddeld vir haar 8 vakke.

Nie net het Lisa Schlechter ’n uitmuntende gemiddeld deur die loop van die jaar gehandhaaf nie, maar sy het HPS en Koukamma verteenwoordig by die “Top Achiever’s Award” seremonie in Oos-Londen. Hier het sy die toekenning gekry as topstudent in die Sarah Baartman-distrik en daarmee saam het sy ’n beurs ontvang wat die ses jaar van haar studies dek!

Lisa is al van Gr. R af in Paul Sauer en sy is bekend vir haar absolute nederigheid en Christelike waardes. Sy begin hierdie jaar by die Universiteit van Pretoria waar sy voorlopig aanvaar is om BVSc Veeartseny te studeer.

– BERIG VERSKAF DEUR HPS

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article