Wilmien van Biljon is as die beste preste-rende matrikulant in die Sarah Baartman-distrik aangewys. Foto:VERSKAF

Nico Malan haal 95.8% slaagsyfer

Wilmien van Biljon is as die beste preste-rende matrikulant in die Sarah Baartman-distrik aangewys. Foto:VERSKAF


VREUGDEVURE het hoog gebrand toe die eksamenuitslae van 2019 se matrieks by die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp be-kendgemaak is.

Dié skool spog met ’n 95.8%-slaagsyfer.

Van die 143 graad 12-kandidate wat die eksamen afgelê het, het ses leerders A-ge-middeldes behaal. Hulle is Wilmien van Biljon (92.15%), Danielle Hamilton (85.72%), Christine Langenhoven (85.58%), Riana Goussard (82.58%), Renier Moolman (82.58%) en Zoë Steel (81.15%).

Top-matriekpresteerder en oud-hoofdogter, Wilmien van Biljon, is as die beste pre-sterende matrikulant in die Sarah Baartman-distrik aangewys, asook die derde beste matriekleerder in Kluster-B.

Sy spog met sewe onderskeidings: Afrikaans Huistaal (97%), Engels Eerste Addisionele Taal (96.6%), Wiskunde (80.7%), Lewensoriëntering (94.7%), Lewenswetenskappe (92.5%), Aardrykskunde (89.9%) en Fisiese Wetenskap (92.2%).

Volgens Van Biljon was dié eksamen baie minder senutergend as vorige eksamens: “Die eksamen was ’n samevatting van al die harde werk en voorbereiding wat ek oor die jare ingesit het.

“Hoewel die meeste vakke glad nie moei-lik was nie, het ek redelik met Wiskunde kleigetrap.”

Sy studeer vanjaar LLB aan die Universiteit van Stellenbosch.

Nico Malan het verder 22 leerders met B-gemiddeldes en 48 leerders met C-gemiddeldes.

’n Totaal van 101 leerders het vrystelling behaal om graadkursusse te doen, terwyl 36 leerders diplomakursusse (31) en sertifikaatkursusse (5) kan volg.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article