Die Bosbokke spog ook met die topstudent in die Sarah Baartman-distrik, Lisa Schlechter. Hier is Schlechter met die toekenning wat sy as topstudent in die Sarah Baartman-distrik gekry het. Daarmee saam het sy ’n beurs wat die ses jaar van haar studies dek, ontvang.

Foto: Verskaf

Die Hoërskool Paul Sauer se matriekklas van 2022 staan breëbors van trots met ’n 97% slaagsyfer, 18 vakonderskeidings, met 81% van die kandidate wat ’n Baccalaureus-slaag en 16% van die kandidate wat ’n Diploma-slaag behaal het.

Die Bosbokke spog ook met die topstudent in die Sarah Baartman-distrik, Lisa Schlechter.

Die twee leerders met A-gemiddelde is Lauren Cunningham met 80% gemiddeld vir haar 7 vakke en Lisa Schlechter met 92% gemiddeld vir haar 8 vakke.

Nie net het Lisa Schlechter ’n uitmuntende gemiddeld deur die loop van die jaar gehandhaaf nie, maar sy het HPS en Koukamma verteenwoordig by die “Top Achiever’s Award” seremonie in Oos-Londen.

Hier het sy die toekenning as topstudent in die Sarah Baartman-distrik gekry en daarmee saam het sy ’n beurs wat die ses jaar van haar studies dek ontvang.

Lisa is al van graad R af in Paul Sauer en sy is bekend vir haar nederigheid en Christelike waardes.

Sy begin hierdie jaar na-skoolse studies aan die Universiteit van Pretoria waar sy voorlopig aanvaar is om BVSc Veeartsenykunde te studeer.

– UITGEREIK: HPS

HPS se Lisa Schlechter het die toekenning as topstudent in die Sarah Baartman-distrik gekry en daarmee saam het sy ’n beurs wat die ses jaar van haar studies dek ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article