DIE Laerskool Jeffreysbaai bars eerskomende na-week uit sy nate.

Nie minder nie as 12 skole se rugby- en netbalspanne sal mekaar tydens die jaarlikse Kooperasie Sportdag in Jeffreysbaai die stryd aansê op 12 Mei.

Skole van Jeffreysbaai, Humandorp, Gamtoosvallei, Joubertina, Kareedouw, Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch neem aan die dag deel.

Deelnemende skole sluit Frans Conradie, Gamtoosvallei, Gill, Jeffreysbaai, Lorraine, Muir College, McLachlan, Newtonpark, Paul Sauer, Stulting, Victory en Wesbank.

In die netbalstryd sal die o.7 tot o.13-spanne dit op die baan uitspook. Rugbywedstryde sluit in die kragmeting tussen die bulletjies (o.7), en die o.9-, o.11- en o.13-spanne.

Drie rugbyvelde en vier netbalbane word vir die dag ingespan om al die wedstryde aan te bied.

Die dou sal om 08:00 van die hoofveld deur Lorraine en Paul Sauer afgespeel word. Die wedstryd tussen Victory en McLachlan vind om 08:00 op die B-veld plaas, terwyl die bulletjies van Jeffreysbaai en Stul-ting om 08:00 op die veld draf.

Die eerste netbalwedstryde vind tussen Victory en Stulting plaas, asook Stulting vs Frans Conradie, Paul Sauer vs Jeffreysbaai en Stulting vs Victory.

Vir meer inligting, skakel die skool by 042 293 1343 of stuur ’n epos na sport@jeffreysprimary.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article