Die gemeenskap van die Gamtoosvallei het ’n plan bedink om fondse te bekom vir die skole in die gebied.
Hulle het Orange Chain, ’n bemarkings- en verpakkingbesigheid genader om van die Klas 3 sitrus deur middel van hulle ketting binnelands te versprei en verkoop, en die wins daarvan dan vir verdienstelike skoolprojekte beskikbaar te stel.
Die afvaardiging het vir eers op vier skole besluit op Loerie, Hankey, Patensie en Andrieskraal.
Die projek hou geen risiko in vir die produsent nie.




