Martin Mans voor die orrel in die NG Kerk Cradock-Noord. Foto:VERSKAF


CRADOCKERS het Maandagaand die besondere voorreg gehad om na ’n orreluitvoering van die internasionaal bekende Martin Mans te luister.

Die orrelfees het in die NG Kerk Cradock-Noord plaasgevind waar Mans die uitsonderlike orrel van dié kerk bespeel het. Martin Mans het reeds op sewejarige ouderdom begin orrel speel.

Toe hy twaalf jaar oud was, is hy aangestel as kerkorrelis in sy tuisdorp, Melissant in Nederland.

In sy professie as dirigent en orrelis het Mans reeds meer as 500 CD’s uitgegee. Hy het reeds goue- en platinum status bereik vir van sy werke. Hy hou jaarliks ongeveer 250 konserte in Nederland, Suid-Afrika, Kanada, Amerika en Australië.

Hy is ook dirigent van drie manskore, een gemengde koor en twee mans-ensembles. Mans skryf ook musiek en stel koormusiek saam wat by verskillende Hollandse uitgewers beskikbaar is. Die uitvoering op Cradock het bestaan uit improvisasies waaronder die pragtige “Plea for Africa”, terwyl hy in die afdeling vir gewilde klas- sieke musiek liedjies soos “Music was my first love” en “Koekoek en Nagtegaal” gespeel het.

In die voorlaaste afdeling het Mans ’n uitvoering van “Sarie Marais” gespeel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article