Hoër Volkskool se boogskuts het aan ’n interskole kompetisie deelgeneem en goed geskiet. Hier is die medaljewenners (van links) Lejan de Beer, Freddy van der Mescht, Mikha Enslin, Mean Hendrikse, Annelie Pieterse en Mathys Oberholzer.

Foto: Verskaf

’n Interskole boogskietkompetisie is deur die Hoër Volkskool in die Botaniese Sportgronde se saal aangebied en 35 skuts het deelgeneem aan die twee kolskoot-rondes.

Skuts van HTS Daniel Pienaar, die Kwagga Boogskietklub (Uitenhage), Laerskool Susanna Fourie (Despatch) en Soul Point Archery (Jeffreysbaai) het hulle boogskietvernuf ingespan by dié binnehuise kompetisie.

Die uitslae van Hoër Volkskool se skuts is as volg:

Eerste ronde:

Meisies: Annelie Pieterse – goud 287/300

Megan Hendrikse – silwer 271/300

Seuns: Freddie van der Mescht – goud 279/300

Samuel Pieterse – silwer 276/300

Lehan de Beer – brons 274/300

Tweede ronde:

Meisies: Annelie Pieterse – goud 289/300

Mikha Enslin – brons 265/300

Seuns: Mathys Oberholzer – goud 285/300

Freddie vd Mescht – silwer 281/300

Algeheel:

Beste Meisies; Annelie Pieterse – 576/600

Beste seun: Freddie van der Mescht – 560/600

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article