Amy en Megan Newton wat die vakansie aan die SASN All Ages Netbaltoernooi gaan deelneem. foto:VERSKAF


TWEE van die Hoërskool Middelburg se netbalspelers, Amy en Megan Newton, is gekies om tydens die komende vakansie vanaf 16 tot 20 Junie aan die SASN All Ages-netbaltoernooi in Boksburg te gaan deelneem.

Dit is die tweede jaar dat dié twee sus-sies albei in die Oos-Kaapse netbalspan opgeneem is.

Amy is in die o.18-Ikhalaspan en Megan in die o.15-Ikhalaspan opgeneem.

Die sussies, asook hulle ouers, Andrew en Colette Newton, wil graag hulle opregte dank uitspreek teenoor almal wat hulle geborg en ondersteun en hulle finansieel bygestaan het en daardeur die geleent-heid te help bied sodat hulle hierdie toernooi kan gaan speel en hul passie kan uitleef.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article