RAADSLID Joy Williams, die DA raadslid van wyk 14 in Graaff-Reinet, het die nood raak gesien in Santa, wat deel van haar wyk vorm.
Sy en twee ander dames, Amanda Speelman en Winnie Kock, het van vroegoggend af voor die krag afgegaan het, heerlike potte sop voorberei en teen die middag op 16 Maart gratis sop en brood uitgedeel vir hulpbehoewende inwoners.
Volgens Williams gee sy as ’n dienende pastoor nie net om vir die siele van mense nie, maar ook daar waar honger en nood is.
Sowat 100 mense is die dag gevoed en Williams beplan om die sopkombuis weer in die toekoms te hou. Raadslid Williams verwelkom enige donasies om meer mense te kan voed en sy kan gekontak word by 071 335 7942.



