Tiaan Fourie, saam met sy afrigter, Sumeri Botha van Kamdeboo Stalle.

Foto: Verskaf

Gedurende Desember 2023 het die Protea Ruiterkunsspanne aan ‘n
Internasionale Saddle Seat ruiterkunskompetisie teen die VSA deelgeneem.

Die
kompetisie het in Parys (SA) plaasgevind. 

Beide die senior en junior Driegang- en Vyfgangspanne het
deelgeneem en Suid-Afrika het in drie van die afdelings goud gewen.

Tiaan
Fourie (graad 11) was lid van die junior Protea Vyfgang Ruiterkunsspan, wat
goud gewen het. 

Tiaan se afrigter, Sumeri Botha, was aangewys aan die Protea
Ruiterkunsspan se afrigter en was saam met Tiaan in Parys. 

Baie geluk, Tiaan en baie sterkte met jou voorbereidings vir
die Nasionale ruiterkunsproewe waaraan jy eersdaags te Riversdal gaan deelneem. 

#proteavyfgangspan 

#saddleseatruiterkuns 

#hoërvolkskool

#volkskoolgraaffreinet

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article