Iané Ferreira. Foto:VERSKAF

Iané Ferreira gaan vir goud


IANÉ Ferreira, dogter van PC en Marisca Ferreira van die Middelburg/Hanover-distrik, het van 21 tot 25 Augustus die junior Protea-span in Bloemfontein teen Namibië tydens die wêreldbeker-ruiterkunseindstryd verteenwoordig.

Sy het reeds in Januarie vanjaar haar Protea-klere verwerf en sy is hiermee in die junior-span ingesluit wat in Augustus teen Namibië deelgeneem het.

Iané, met Exclusive Olé, het in die ruiterkuns driegang-afdeling goud vir Suid-Afrika verwerf. In die vyfgang-afdeling het Suid-Afrika ook goud verwerf.

Dié kranige perderuiter kry reeds sedert 2012, toe sy ’n gr. 3-leerder by die Primêre Skool Karel Theron was, afrigting by George Borcherds en Riekie Engelbrecht van George Borcherds-stalle.

Iané het die afgelope 3 jaar deelgeneem aan die Protea-proewe waar sy jaarliks deurge-dring het tot die top 18 ruiters.

Vanjaar het sy gekwalifiseer tot die top 12 ruiters in die Protea-span.

Iané, wat tans ’n gr. 9-leerder by die Oranje Meisieskool in Bloemfontein is, oefen elke oomblik wat sy kan by die George Borcherds-stalle buite Middelburg.

Aangesien sy nie so gereeld plaas toe kan kom nie, waardeer sy elke oomblik van George en Riekie se tyd wat hulle aan haar be-stee.

Haar ma, Marisca erken ruiterlik dat George en Riekie se aandeel in Iané se perdry van onskatbare waarde vir die Ferreiras is.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article