SATERDAG, 21 April het ses van die Laerskool Cradock se netbalspelers die Chris Hani-span verteenwoordig wat aan die Oos-Kaap-netbalproewe in Oos-Londen deelgeneem het.
Die leerders wat aan die proewe deelgeneem het, is as volg: Die o.13-meisies was Irene van der Nest en Zana Jordaan. Die o.12-meisies was Jeanné van der Heever, Shani Froehlich, Maré de Klerk en Khanya Gilli.
Ná afloop van ’n lang en uitputtende dag, is die Oos-Kaap-netbalspanne aangekondig.
Die Laerskool Cradock spog met Shani Froehlich wat as ’n lid van die o.12 Oos-Kaap-netbalspan gekies is om aan die interprovinsiale netbaltoernooi in Boksburg te gaan deelneem.



