AGT van Marlow Landbouskool se tennisspelers het die afgelope naweek aan die OP-tennis- proewe in Port Elizabeth deelgeneem en goed gevaar.

Ongelukkig kon die proewe nie voltooi word nie aangesien reën die spel onderbreek het.

In die o.15 ouderdomsgroep was dit veral die nuweling, Henco Fourie, wat sy stem dik gemaak het. Hy het 5 van sy 7 wedstryde gewen voordat wedstryde gestaak is. In die o.19 ouderdomsgroep het Sandre Erasmus pragtige tennis gespeel en 8 van die 9 wedstryde gewen. Yanga Dinga het 6 van die 9 wedstryde gewen en Willem Marais 5 van 9 wedstryde.

Aangesien daar nog heelwat wedstryde moet plaasvind, sal die proewe op ’n latere stadium voltooi word. – MEDEWERKER

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article