’n BESONDERE prestasie het ’n jong seun van Cradock te beurt geval toe hy by die Hoërskool Grey in Port Elizabeth vir sy prestasies in krieket en rugby vereer is.

LJ du Preez is in 2018 gekies om in die Cravenweek rugby te speel en ook die Oostelike Provinsie op die krieketveld te verteenwoordig. Sy skool het hom ook vereer met toekennings vir die beste agterspeler in rugby en die veelsydigste krieketspeler.

LJ was ’n leerder van die Laerskool Cradock voor hy sy hoërskool-loopbaan by Grey begin het.

Hy is van plan om volgende jaar verder aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer.

LJ is die seun van Louis en Elza de Preez van Arbrook in die Cradock-distrik.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article