IN hierdie tyd van twyfelagtige elektrisiteitsvoorsiening behoort alle verbruikers in Cradock en Middelburg ’n draai by Sticks and Stones, ’n winkeltjie op die perseel van The Shed op Cradock, te maak.
By hierdie interessante winkel is kerse, gemaak van byewas, te koop. Volges die eienaars, wat die kerse self maak, is hierdie kerse omgewingsvriendelik, veilig en nie-toksies nie. Hulle brand baie skoon omdat hulle nie ’n oliebasis het nie. Die byewas is 100% natuurlik en ondergaan geen chemise prosesse nie. Dit maak selfs die lug skoon.
Byewas-kerse, so word verneem, brand twee tot vyf keer langer en hulle lig is helderder as die van gewone kerse.
Die byewas-kerse word op die perseel deur die personeel van Sticks and Stones gemaak van byewas wat hulle tans van Port Elizabeth aan-koop.
Indien enige plaaslike byeboer was het om te verkoop, kan hy met Neville by 076 440 8529 in verbinding tree.


