TWEE eerstes van hul soort gaan vanjaar deur die Somerset-Oos Landbouskou aangebied word. ’n Kaapse Boerperd Nasionale-kampioenskap sowel as ’n karkaskompetisie.

Ezelle Marais, sekretaresse van die Somerset-Oos Landbouskou sê vanjaar se skou word vanaf 5 tot 7 September op die dorp se skougronde aangebied.

Perde gaan daar beslis wees, want die skou dien ook as die OP Saalperd-streekskou. Vanjaar se klasse sluit ook miniatuur perde in. Telers en eienaars van miniatuurperde word uitgenooi om hulle op Saterdag, 7 September te skou.

Honde-eienaars sal ook weereens die geleentheid kry om met hul geliefde vierpotiges te spog. Daar is klasse vir geregistreerde sowel as nie-geregistreerde honde.

Die karkaskompetisie word in samewerking met SAMIC aangebied en boere kan solank hul lammers en beeste regkry hiervoor.

Die Kelston groep (Status Toyota) sal hierdie jaar ’n 4×4 kompetisie en uitstalling hou. André Potgieter het slim en interessante planne vir ’n Boere Rally met vet pryse wat gewen kan word.

Die skoudans is altyd die hoogtepunt en kaartjies kan nou reeds gekoop word. Round Table sal weereens verantwoordelik wees vir die braai van die steak en almal weet hierdie manne kán braai.

Die name van die organiseerders en verskillende afdelings volg hieronder sodat belangstellendes wat wil deelneem vroegtydig kan bevestig:

Organiseerders van die afdelings:

. Charl Wilke, skou-president, 082 568 3602

. Gert-Stephen Schoonbee, vise-president en verantwoordelik vir kroeg 082 735 2630

. Fanie van Aardt, terrein, 084 444 4281

. Pierre Lotter, perde, 082 940 4639

. Jan en Roana Nel, jeugskou

. Jan Nel en Jac Jordaan, boerbokke, 073 856 7179

. Johannes de Jager, merino & kleinvee, 082 498 9866

. TT Paulsen, SAMIC-karkaskompetisie, 082 554 1699

. André Potgieter, Boere Rally, 082 579 4462

. Nicky Kruger, hondeskou

. Ezelle Marais, stalletjies, 082 552 2309

. Willemien Wilke, skoudans, 073 798 5986

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article