HOFMEYR Landbouvereniging het die afgelope week ’n baie suksesvolle Boeredag gehou.
’n Totaal van 75 boere vanuit die omgewing het opgedaag vir die geleentheid wat in die plaaslike sportklub aangebied is.
Gassprekers wat by die geleentheid opgetree het was dr. Karin Wessels, Manie Wessels en Philip Oosthuizen van die Mamre Initiative en dr. Piet Swiegers, wat as konsultant optree het vir Sernic in Presisie voeding vir intensiewe lamstelsel. Yarra en Zoëtis was die borge van die geleentheid.
Sanet Coetzer, Sekretaresse van Hofmeyr Landbouvereniging bestempel die geleentheid as ’n groot sukses, veral omdat dit deur soveel landbouers vanuit Hofmeyr en omgewing bygewoon is.



