Hoër Volkskool het die nuwe skooljaar vinnig afgeskop met ‘n groot aantal bedrywighede. Hier is die jongste sportgebeure by die skool:
Drieëdruk-aand
Hoër Volkskool het ‘n opwindende drieëdruk-aand aangebied, met skole van omliggende dorpe wat deelgeneem het. Die rugbydag het afrigters die geleentheid gebied om hulle spelers in aksie te sien. Ouderdomsgroepe wat deelgeneem het, was o.14, o.15, o.16 en eerste spanne. Nuwe spanmaats het ook die kans gehad om saam met die span te speel en te wys waartoe hulle in staat is.
Hier is die uitslae van die opwarmingswedstryde van Hoër Volkskool:
0.19 onder leiding van kaptein Pieter van der Merwe (Volkskool se telling eerste)
Hoërskool Middelbug: 10 – 0
Hoërskool Burgersdorp: 10 – 0
Muir College: 15 – 5
Union High School: 35 – 0
0.16 onder leiding van kaptein Hannes van der Merwe
Muir College: 10 – 10
Union High School: 0 – 5
0.15 onder leiding van kaptein Dunelio Deysel
Union High School: 0 – 5
Union High School: 0 – 0
0.14 onder leiding van kaptein Cobus Viljoen
Union High School: 20 – 0
Union High School: 25 – 0
Baie dankie aan al die deelnemers vir hul deelname. Die dag is afgesluit met ‘n geselligheid in die Volksie.
Hannes van der Merwe is tweekamp-ster
Hannes van der Merwe van Hoër Volkskool, het OP Tweekamp verteenwoordig by die Interprovinsiale tweekamp-byeenkoms in Oudtshoorn. Hy het hier die OP A-span verteenwoordig en ‘n algehele sewende plek behaal. Met hierdie indrukwekkende vertoning is hy gekies om die OP Tweekampspan te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Tweekamp Kampioenskappe wat 29 en 30 Maart in Bloemfontein plaas sal vind.
Hoër Volkskool bied suksesvolle boogskiet-kompetisie aan
Op 24 Februarie het die eerste interskole kompetisie plaasgevind op Hoër Volkskool se terrein. Die skuts het ‘n warm winderige dag trotseer om die kompetisie-roes af te skiet. Altesame 64 skuts van Kariega (Uitenhage), Despatch en Graaff-Reinet het deelgeneem aan die Hoër Volkskool Ope en die Graaff-Reinet Ope.
Hoër Volkskool se uitslae in die Graaff-Reinet Ope was soos volg: Mikha Enslin 252 Brons; Lehan de Beer 264 Brons; John Read 270 Silwer.
Laer Volkskool: Helen Grobbelaar 244 Silwer; Christiaan Marais 161 Brons; Erhardt Grobbelaar 200 Silwer; Eben Lötter 230 Goud.
In die Hoër Volkskool Ope was die uitslae as volg: Danel de Koker 250 Brons; John Read 267 Brons; Lehan de Beer 283 Goud. Lehan is aangewys as die Hoërskole se Beste Skut in die Hoër Volkskool Ope-kompetisie.
Laer Volkskool: Helen Grobbelaar 237 Silwer; Eben Lötter 221 Silwer; Erhardt Grobbelaar 221 Goud.
Volgende kompetisie is op Kariega op 2 Maart. Ons hou duimvas dat daar weer sulke goeie uitslae vir ons skuts sal wees.
Oos-Kaap tennis
Jakolette Thiart en Handri Westman is twee passievolle en ervare tennis-administrateurs wat in 2023 hul dienste in die beste belang van Oos-Kaap tennis aangebied het. Vir die eerste keer in baie jare word skole op hoogte gehou van belangrike datums en word soveel as moontlik spelers aangemoedig om aan proewe en die talle toernooie deel te neem.
Die onderskeie Oos-Kaap streke, nl. Olifante en Alwyne, het reeds van 4 tot 5 November die proewe afgehandel met die oog op die Nasionale Interprovinsiale Toernooi (IPT) wat in Januarie sou plaasvind. Hierdie datum het dit ongelukkig vir Hoër Volkskool se graad 11-tennisspelers onmoontlik gemaak om deel te neem aangesien die eksamen reeds begin het.
Na afloop van die proewe is die volgende spelers in die onderskeie spanne ingesluit:
Alecia Louw – IPT o.15
Louwen Wolfaardt – Synergy Cup o.19
Luan Hanekom – Synergy Cup o.19
Pieter Nel – Synergy Cup o.15
Chenoa Jeffrey – Synergy Cup o.15
Rudolph-Hein van Eeden – Synergy Cup o.19 reserwe
Die IPT is van 10 tot 13 Januarie 2024 in Pretoria gehou. As lid van die o.15 Olifante-span het Alecia Louw ‘n positiewe bydrae gelewer tot die Oos-Kaap se sukses by hierdie toernooi. Alhoewel reën baie wedstryde ontwrig het, is planne beraam en wedstryde verkort ten einde ‘n uitslag te verkry.
Dié span eindig in die 7de plek nadat die volgende tellings behaal is:
Vrystaat – verloor 10 – 28
KwaZulu Natal A – verloor 16 – 44
Zimbabwe – wen 39 – 21
Wes-Kaap Disas – verloor 13 – 35
Noordwes – wen met een punt nadat Alecia en haar dubbelspel maat die finale wedstryde beklink.
Die Synergy Cup wedstryde teen die Suid-Kaap vind op 15 – 17 Maart 2024 in Mosselbaai en omstreke plaas.
Tjaart Vorster tennistoernooi
Ses opgewonde tennisspelers het Woensdag saam met hul afrigter, Tiaan Mostert, na Cradock gereis om aan een van die top Oos-Kaap toernooie, Marlow se Tjaart Vorster Toernooi, deel te neem. Hierdie talentvolle spelers is, met die uitsondering van Xander Keyser, almal o.16 en beloof om in die toekoms ‘n krag te wees om mee rekening te hou.
Hoër Volkskool se span eindig in die 8ste posisie en behaal die volgende uitslae:
Wen Hoërskool Outeniqua – 20 – 8
Verloor Oakdale Landbouskool – 3 – 27
Verloor Framesby – 12 – 16
Wen Marlow B – 20 – 7
Verloor Selborne – 9 – 18
Wen Stirling 10 – 8
Louwen Wolfaardt en Luan Hanekom behaal die uitsonderlike prestasie om die toernooi as onoorwonne nommer 1 dubbelspaar af te sluit. Hulle is voorwaar ‘n kombinasie om mee rekening te hou. Die gereelde Woensdag ligawedstryde teen die omgewing se ervare spelers het beslis tot hierdie sukses bygedra.
Die span is vergesel deur hul afrigter, Tiaan Mostert.
Sarah Baartman byeenkoms
Hoër Volkskool se atlete het uitstekend presteer by die Sarah Baartman Hoërskole Atletiekbyeenkoms in Gqeberha. Met ‘n totaal van 22 deelnemers wat hul talent wys, het ons ‘n paar podiumplekke verower. ‘n Groot geluk aan Aiden Thiart (0.17 Driesprong) en Vincent Pienaar (0.15 100m) wat vir die Oos-Kaapse span gekies is. Hulle sal ons provinsie in Maart in Komani verteenwoordig.
Die uitslae Sarah Baartman byeenkoms:
AW Lambrechts S 0/14 1ste spiesgooi
T Lodewyk S 0/14 1ste 400m en 3de in die 200 m
D Erasmus S 0/14 diskus 2de
T Erasmus S 0/14 hoogspring 2de en 3de diskus
V Pienaar S 0/15 1ste 100m
D Matayi S 0/15 3de in 400m
C Zwiegers S 0/15 2de gewigstoot
P Nel S 0/15 1ste gewigstoot
H van der Merwe S 0/17 1ste gewigstoot
A Thairt S 0/17 1ste in driesprong en 3de in spiesgooi
C Jacobs S 0/17 2de in spiesgooi
D Alberts D 0/14 3de verspring



