Ons straatverkope “Boot Sale” was vanjaar ’n groot sukses, danksy die gemeenskap van Middelburg wat so mildelik items vir die verkope ten bate van ons aktiwiteite in die gemeenskap geskenk het.

Julle betrokkenheid bly vir ons ’n riem onder die hart. Dankie dat julle, julle harte oopgemaak het vir ons pasiënte. Hulle weet dit en waardeer dit opreg.

Die volgende persone en instansies wil ons graag spesiaal bedank: Sterkfontein Slaghuis, Biltong Deli, Leana Bloemiste, VGK Midros, NG Kerk Middelburg Karoo – ds. Ferdie Gouws, NG Kerk Middelburg, Kerk van God – Midros, Nonyaniso Primêre Skool, Busy Corner Bottelstoor, Middelburg Tyre Centre, Carl Arendt, Karliena Visagie (Visagie Taxi’s), Shuana Westcott, Johanette van Heerden, Middelburg Hoërskool leerders –Hannlé, Anrè, Izabeth, Inge en Dawn, Mnr. Koche vir musiek verskaf.

Daar word gesê dat dit lekkerder is om te gee as om te ontvang.

Wel ons hoop dat dit julle harte warm maak om te weet dat jul bydrae ’n verskil maak in die lewens van ons pasiënte wat julle ewig dankbaar sal wees.

Good Shepherd Hospice Middelburg Personeel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article