Dr Beyers Naudé Munisipaliteit atleet kwalifiseer vir Nasionale Skole Atletiekkampioenskappe

Endinako Jola.
Endinako Jola. Credit: Verskaf

Die 17-jarige Endinako Jola, ‘n Graad 10-leerder van Gcinubuzwe Sekondêre Skool en toegewyde lid van die #Sinalithemba Atletiekklub in Jansenville, het amptelik gekwalifiseer vir die Nasionale Skole Atletiekkampioenskappe wat van 3 tot 5 April in Pietermaritzburg sal plaasvind.

Jola se prestasievlak is uitmuntend hierdie seisoen, en hy het in verskeie items oorwinnings behaal.

Sy pad na die Nasionale Kampioenskappe het begin met uitstaande vertonings in Graaff-Reinet en Gqeberha (Westbourne), waar hy die 3000m-, 1500m- en 800m-wedlope gewen het.

Daarna het hy die Sarah Baartman-distrik in Queenstown verteenwoordig, waar hy het eerste plekke in die 3000m, 1500m en 800m wedlope behaal het.

Hy het ook ‘n eerste plek behaal in die 1500m-finaal met ‘n tyd van 4:11 en sesde geëindig in die 800m-finaal met ‘n tyd van 2:20.

Jola word afgerig deur sy pa, Luthando Sikiwe, wat ook die atletiekspan by Gcinubuzwe Sekondêre Skool afrig.

Sy skoolhoof, Vuyolwethu Mbune, het trots oor sy merkwaardige prestasies uitgespreek.

Dit is veral opmerklik dat slegs twee kwintiel  3-skole in die Sarah Baartman-distrik vir die nasionale kampioenskappe gekwalifiseer het, wat Jola se prestasie nog meer indrukwekkend maak.

Die skool en gemeenskap staan 100% agter hom en hoop dat hy sy triomftog sal voortsit en ‘n blywende indruk op die nasionale verhoog sal maak.

Hulle is nou besig om fondse in te samel sodat afrigter Sikiwe saam met Jola na die Nasionale Kampioenskappe kan reis. 

Vrydag die 4de om 12:00 p.m. hardloop hy die 1500m, en dieselfde dag hardloop hy die 3000m-finaal. Die wedlope sal uitgesaai word op kanaal 216.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article