‘N BAIE spesiale kerkdiens vind eerskomende Sondag in die ge- skiedkundige Congregational kerk naby Tam’s Supermark plaas.

Volgens Elsie Lyell, die organi-seerder, wil hulle graag die kerkie aan mense bekendstel aangesien ’n groep mense hulle beywer om die gebou te laat restoureer.

Dit sal daarna vir verskillende geleenthede gebruik kan word.

Volgens Abie van Wyk van die Congregational gemeente in Michausdal is daar in 2003 laas ’n diens in die kerkie gehou.

Gebrek aan fondse het veroorsaak dat die gebou erg verwaarloos is.

Almal wat die kerkdiens wil bywoon sal hul eie stoele moet saamneem.

Die diens sal gelei word deur ds. Brian Greeff, Emiritus predikant van die Evangelies Gereformeerde kerk in Port Elizabeth.

Die diens sal om 10:00 begin.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article