Cradock-rugbyklub se spelers en bestuur. foto:verskaf


CRADOCK-rugbyklub het verlede jaar groot sukses op die rugbyveld behaal.

Hul seisoen het van 27 Februarie tot 15 September geduur en die eerste span het al tien sy wedstryde oortuigend gewen, terwyl die Eerste Reserwes een van hul drie wedstryde met elf punte verloor het.

By die jaareindfunksie, wat op Buffelshoek gehou is, is Japie Marais as speler van die seisoen en Jan du Toit as die speler wat die meeste punte aangeteken het, aangewys. Drykie Prinsloo het die meeste drieë gedruk en Brendan Lawson is as die speler wat die meeste vordering gemaak het, vereer.

Nikki Beukes was Cradock se beste sewesspeler van die jaar gewees.

Nadat Cradock se bekende Rovers-rugbyklub ná 115 jaar in 1997 tot niet gegaan het, het ’n klompie rugby-entoesiaste aan die begin van 2017 saamgekom en die Cradock-rugbyklub gestig. Lou Venter is as president, Charles Garth, as vise-president, Juan Nortjé as klubbestuurder, Riaan Botha as afrigter, Henry van Jaarsveld as sekretaris en Juvan Schamrel as mediabestuurder verkies.

Marius Thompson en Charles Jordaan is die spelers se verteenwoordigers.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article