DIE Hoërskool Cradock se eerste meisies- hokkiespan het op 9 Maart tydens die Despatch-sportfees onoorwonne van ’n nat veld afgestap.
Ongeag die uitdagende weersomstandighede en sterk opponente, het die meisies van CHS uitstekende hokkie gespeel.
CHS het teen Linkside met ’n telling van 3-0 skoonskip gemaak en teen Framesby 1-0 gewen, voordat hulle met ’n 3-0 oorwinning teen Despatch weggeloop het.
Volkskool is ook ’n 2-1 les op die veld geleer voordat CHS ook vir DF Malherbe 2-1 geklop het.
Die meisies van Nico Malan en Riebeeck kon ook nie daarin slaag om CHS se kookwater-span te klop nie.
In albei hierdie wedstryde was die eindtelling 0-0.




