Wittedrift op die aanval teen Gill. Foto’s: VERSKAF

Gill ding mee tydens Despatch-sportfees


BY die Despatch-sportfees op Saterdag, 24 Maart het Gill-Kollege se netbal-, hokkie- en rugby-spanne deelgeneem en gemengde welslae behaal.

Tydens die hokkie-wedstryde het Gill-Kollege vir Despatch met 6-0 getroef voordat hulle teen Hoërskool Nico Malan, Burgersdorp en DF Malherbe gelykop gespeel het.

Wat rugby betref het Gill onoorwonne van die veld gestap nadat hulle Wittedrift 18-15 geklop het.

Hoewel Gill se netbalspan goeie gees gehad het, het hulle ongelukkig al drie hul wedstryde verloor.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article