’N NUUTGEBOUDE skool op die terrein van die jeuggevangenis op Cradock is die afgelope naweek deur die adjunk-minister van justisie en korrektiewe dienste, Thabang Makwetla, ingewy.

Die nuwe skool bestaan uit sewe klaskamers, rekenaarkamer, personeelkamer en biblioteek. Vakke soos geskiedenis, besigheidstudies, wiskunde-geletterdheid, lewensoriëntering, Afrikaans, Engels en Xhosa sal onder meer aangebied word.

“Die 219 gevangenes kry by dié skool geleentheid om hulle vir ’n beroep , wat hulle na hul vrylating kan volg, toe te rus,” het die adjunk-minister gesê.

Ten spyte daarvan dat die jong gevangenes voorheen skool moes gaan in tydelike klaskamers, het die skool by die gevangenis die afgelope drie jaar ’n 100% slaagsyfer behaal.

Volgens Nobuntu Gantana, woordvoerder van die departement van justisie en korrektiewe dienste, sal die departement se belegging in skole verseker dat skool-onderrig in gevangenisse ongeletterdheid teewerk en veral jong oortreders met die nodige vaar- digheid toerus om vir hulself te sorg na hul vrylating.

“Die departement van korrektiewe dienste beoog om, as een van sy strategiese mikpunte, deur middel van onderwys en oplei-ding, vaardige en bekwame burgers vir die land te skep,” het sy gesê

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article