Jade Latola (links) en Lillian Weyer-Schneider, hoofleiers van Gill-Kollege. Foto:VERSKAF


WAT ’n groot voorreg om die hoofleiers en eerste rugby- en netbalspankaptein in die 150ste bestaansjaar van Gill-Kollege te wees.

Gill-Kollege is dalk nie een van die grootste skole nie, maar wanneer dit by gees en deursettingsvermoë kom, gaan ons groot! Gill is ’n familie en ons weet dat “I can’t, but WE can”.

Ons sien uit om al die Oud-Gilliane en ondersteuners te verwelkom en ons weet dit gaan vir julle baie goeie herinneringe terugbring.

Die Hoërskool Cradock – dankie vir julle jare se “vyandskap” (vriendskap) en goeie sportmangees. Ons sien uit na nog ’n opwindende interskole saam met julle.

Hierdie interskole sal die Matriekklas van 2019 se laaste geleentheid wees om op die kultuur- en sportveld Gill-Kollege te verteen- woordig – en dit nogal op ons tuisveld! Gill-Kollege het waarlik vir ons vlerke gegee en dit is nou amper tyd om hulle te sprei. Gilliane sal ons altyd bly.

Jade Latola en Lillian Weyer-Schneider

Gill College’s 150 year reunion and interschools activities takes place from July 24 to 28.

24 July – Glow in the Dark night fun run (2km)

25 July – Float parade (09:30); Big Brag (12:00) and Andries Vermeulen show (18:30)

26 July – Interschools

27 July – Parkrun from Bellevue Hostel and breakfast at Gillo’s (07:00); Interschools

28 July – Church Service at Dutch Reformed Church in Somerset East (09:30)

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article