ALTESAME 16 atlete van die Primêre Skool Karel Theron het op 15 Februarie aan die Chris Hani-atletiekbyeenkoms in Cradock deelgeneem en goed gevaar.
Atlete van verskeie skole in die Chris Hani-distrik het vir ’n plek in die distrikspan geveg.
Drie atlete van Karel Theron het tot die volgende rondte deurgedring en gaan op 2 en 3 Maart aan die Oos-Kaap kampioenskapsbyeenkoms in Cradock deelneem.
Marilet Blom het in vier items vir meisies o.13 (100m, 200m, 75m hekkies en 200m hekkies) eerste plekke behaal.
Divan Lausberg het in verspring en diskus vir seuns o.12 gekwalifiseer, terwyl Nina Perry in die 75m hekkies en 200m hekkies vir meisies o.13 gekwalifiseer het.




