Twintig studente van die Graaff-Reinet Raptors Martial Arts-klub het Saterdag, 10 Mei aan die Oos-Kaap provinsie se MASA (Mixed Martial Arts South Africa) kampioenskappe in Despatch deelgeneem.
Hulle het uitstekend gevaar en altesaam 44 medaljes – 15 goud, 27 silwer en 2 brons – verower. Hierdie medaljes is aan die volgende studente toegeken:
- Darryl Tennant: Goud vir “points fighting”, goud vir “continuous fighting” en goud vir ligte gemengde gevegskuns
- Grace Kitching: Goud vir “points fighting”, goud vir “grappling”, silwer vir “continuous fighting” en silwer vir ligte gemengde gevegskuns
- Darius Els: Goud vir “points fighting”, goud vir “grappling” en silwer vir ligte gemengde gevegskuns
- Reaglin Maarman: Goud vir “points fighting”, goud vir “grappling” en silwer vir ligte gemengde gevegskuns
- Jaqwan Ahmed: Goud vir “points fighting” en goud vir “grappling”
- Matthew Christoffels: Goud vir “points fighting” en goud vir “grappling”
- Liam Pienaar: Goud vir ligte gemengde gevegskuns en silwer vir “grappling”
- Renaldo van der Westhuizen: Goud vir “points fighting”
- Cloë-Ann Fourie: Silwer vir “continuous fighting”, silwer vir “grappling”, silwer vir ligte gemengde gevegskuns en brons vir “points figting”
- Marko Claassen: Silwer vir “points fighting”, silwer vir “grappling” en silwer vir ligte gemengde gevegskuns
- Mieke van den Bosch: Silwer vir “points fighting” en silwer vir “continuous fighting”
- Marlon Christoffels: Silwer vir “points fighting” en silwer vir “continuous fighting”
- Arno van der Merwe: Silwer vir “points fighting” en silwer vir continuous fighting”
- Jean van Wyngaard: Silwer vir “points fighting” en silwer vir “continuous fighting”
- AJ Cronjé: Silwer vir “points fighting” en silwer vir “grappling”
- Frederik Steynberg: Silwer vir “grappling” en silwer vir ligte gemengde gevegskuns
- Sinead Christoffels: Silwer vir “grappling” en silwer vir ligte gemengde gevegskuns
- Elizabeth Fourie: Silwer vir ligte gemengde gevegskuns en brons vir “grappling”
- Akeem Christoffels: Silwer vir ligte gemengde gevegskuns

Altesaam 150 studente het aan die MASA-kampioenskappe deelgeneem waarvan 53 Raptors was. 20 van hierdie Raptors was Graaff-Reinet Raptors.
Die Graaff-Reinet Raptors se Sensei, Aletta van den Bosch, is baie trots op haar studente.
Volgens haar was dit ‘n strawwe kompetisie maar die Graaff-Reinet Raptors het hulself uitstekend van hul taak gekwyt. “Wat vir my uitgestaan het was hulle sportmansgees,” sê sy.
“Net om jou voete op daardie mat te sit is ongelooflik braaf.”
Sy voeg by dat die Graaff-Reinet Raptors se gedrag ook uitsonderlik goed was.
Die studente wat ’n plek in hierdie MASA-kampioenskappe behaal het, sal nou die geleentheid kry om die Oos-Kaap by MASA se nasionale kampioenskappe te verteenwoordig.
Die nasionale MASA-kampioenskappe vind op 14 en 15 Junie in Pretoria plaas.
Sensei Van den Bosch beklemtoon dat dit ’n ongelooflike groot eer is, en sy wens al haar studente sterkte toe.





You must be logged in to post a comment.