Die wenners van die Middellande mans- en dames pare is onderskeidelik Gerrie Grobler en Johan Mathyse van Somerset-Oos, Rolbalklub en Helen Louw en Marieda Scherman van Middelburg Rolbalklub.Foto:VERSKAF

Dié rolbalspelers gaan vir goud

Die wenners van die Middellande mans- en dames pare is onderskeidelik Gerrie Grobler en Johan Mathyse van Somerset-Oos, Rolbalklub en Helen Louw en Marieda Scherman van Middelburg Rolbalklub.Foto:VERSKAF

DIE Middellande Pare-rolbalkompetisie het op 8 en 9 Junie op Graaff-Reinet plaasgevind.

Marieda Scherman en Helen Louw het tot die finale rondte teen Sonja Matthee en Charlene Colyn van Graaff-Reinet deurgedring. Gerrie Grobler en Johan Mathyse van Somerset-Oos-rolbalklub het die mans pare gewen, terwyl Middelburg se Marieda Scherman en Helen Louw die Middellande dameswenners was. Op 21 en 22 Julie gaan hulle teen ander streke vir OP uitspeel.

Middelburg-rolbalklub het die vorige naweek van 1 Junie sy mans- en dames pare kompetisie gehou. Die wenners van die manskompetisie was Willie van Heerden en Abri Joubert, terwyl Nikki Thompson en Charlotte Kohl die dameskompetisie gemaklik gewen het.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article