• Sondag, 4 Maart: Dankoffer-diens en die Mighty Men se afsluiting.


) Maandag, 5 Maart tot Sondag, 11 Maart: Die “7 Weke met God wat IS” gaan voort tydens week 6 met “Ek is die weg, die waarheid en die lewe”.


) Dinsdag, 6 Maart: Gebedsgeleentheid by die All Saints-kerk tussen 13:00 en 14:00 elke Dinsdag gedurende Lydenstyd wat 46 dae duur.

  • Maandag, 12 Maart tot Sondag, 18 Maart: Die “7 Weke met God wat IS” week 7 gaan voort met “Ek is die ware wingerdstok”.
  • Opnames van alle eredienste word gemaak en bestellings kan geplaas word by die kerkkantoor teen R10 per CD of DVD.
  • Vrywilligers wat by kategese gr. 1 tot gr. 6 wil help kan Hanneke by 083 679 3405 bel.
  • Die Groen Lewe-projek is aan die gang op Maandae tussen 14:00 en 17:00.

Skenkings van tandeborsels, waslappies, potlode, liniale, blikkieskos, skoene en komberse kan by die kerkkantoor afgelaai word.

Groen sakke vir huishoudings se Groen Lewe-projek is by die kerkkantoor beskikbaar teen R20 vir 20 sakke.

Groen sakke word Dinsdae tussen 08:00 en 08:30 opgelaai.

Vrywilligers vir die projek is benodig. Belangstellendes kan Petro by 083 740 7019 bel.

  • Nuwe inwoners kan kennis maak by die kerkkantoor by 042 243 2080.
  • Waardevolle kerkbanke en driesitplekstoele is te koop. Kontak die administratiewe bestuurder by die kerkkantoor by 042 243 2080.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article