GEDURENDE 2017 het die nasionale lotery-raad die Middelland Senior Sekondêre Skool (MSSS) in Middelburg vir drie afsonderlike sportprojekte befonds.
Die eerste projek is sportuitrustings en toe-rusting.
Die tweede projek is die omheining van Middelland Senior Sekondêre Skool se sportveld en die derde projek is die besproeiing van die skool se sportveld.
Al drie die bogenoemde sportprojekte is reeds voltooi.
Die skoolhoof, beheerraad, personeel, leerders en die breë skoolgemeenskap van Middelland Senior Sekondêre Skool het die nasionale loteryraad vir hul bydrae tot die ont-wikkeling van die skool bedank.




