BEKENDE inwoners van Cradock het Maandag hul vriende en medewerkers van baie jare gegroet met ’n noenmaal in die Victoria Manor op die dorp.
Deon en Madelein Boucher verlaat Cradock ná lang tydperke van diens in die tegniese afdeling van Telkom en die Poskantoor en gaan hulle in die toekoms op Kabeljous vestig.
Deon het op 2 Januarie 1979 in Port Elizabeth as leerlingtegnikus by die Poskantoor se tegniese afdeling begin werk en ná drie jaar se opleiding, sy eerste volwaardige werk op Fort Beaufort opgeneem waar hy sewe jaar ge-stasioneer was. Die volgende sewe jaar was hy op Steynsburg in die tydperk toe tegniese dienste se naam na Telkom verander het. Die laaste 23 jaar werk hy al op Cradock waar hy einde November ná veertig jaar diens afgetree het.




