DAAR was vanjaar, ná baie jare se afwe-sigheid, ’n rooskompetisie by Cradock se landbouskou.
Volgens die organiseerders was hulle baie opgewonde oor die groot belangstelling en wil hulle hul beywer om dit weer ’n gereelde instelling by die skou te maak.
Die damesafdeling van die skou het ’n klompie jare gelede weens ’n gebrek aan belangstellling doodgeloop, maar dit lyk of dit miskien weer in die lewe geroep sal kan word.
Omdat daar ’n hekelklub, ’n tuinklub, VLV en baie ander belangstellendes in die dorp is, gaan lede van die skoukomi-tee hulle beywer om weer hul eie dames-afdeling by die plaaslike skou in te stel.


